Wie ons is


Playball is ‘n konsep wat al langer as 20 jaar bestaan. En sedert 2007 aktief in Musina.

Hier in Musina gee ons aan jou kind individuele aandag.  Ons gebruik  positiewe en kreatiewe afrigtingsmetodes,en berei u kind voor om met selfvertroue aan sport deel te neem, klasse word by die skool aan gebied  in ‘n nie – kompeterende omgewing.

 

Ons ontwikkel die basiese tegnieke van 7 sportsoorte, spanwerk en selfvertoue. Hulle verbeter hul groot en fyn motoriese ontwikkeling balans sowel as midlynkruising, ritme en tyd. Hulle kry verbeterende koordinasie en dominansie van lings en regs.

 

Deelname aan sport verhoog fisieke ontwikkeling en voorsien sodoende ‘n gesonde en gebalanseerde uitkyk op die lewe.

 

 Dit is oorspronklik ontwikkel in ‘n sportomgewing deur ‘n sportafrigter en vandag geld dieselfde beginsels na soveel jaar: ons glo dat die program ‘n uitstekende bydrae kan maak op elke vlak van jong kinders se lewens deur hul fisiese vaardighede te ontwikkel.

 

 By Playball word jou kind positief benader en aangemoedig om lewensvaardighede te ontwikkel wat sal bydrae tot ‘n goeie selfbeeld. Ons glo dat sukses lei tot selfvertroue en verdure sukses.

 

Playball is opvoedkundig; sessies is gestruktureerd; afrigters word met sorg geselekteer en elke 12 weke opgelei.

Verder het die konsep al oor die hele wereld sukses behaal.

 

By Playball gaan jou kind sy basiese bewegingservaring uitbrei. Dit beteken dat die program jou kind gaan help om fisiese vaardighede sodanig te verbeter dat jou kind later met selfvertroue aan sport sal kan deelneem. Self meer belangrik: jou kind sal deur blootstelling aan die program sekere ontwikkelingsvaardighede onder die knie kry wat onontbeerlik is vir sy skoolgereedheid en waarskynlik beter vaar in die klaskamer.

 

Sport word as instrument aangewend om aan kinders ‘n gesonde basis te bied waardeur ELKE aspek van hul lewens posifief uitgebou kan word.

 

By Playball is elke kind vir ons belangrik, ons glo in resultate op alle vlakke van ontwikkeling!

 

Erinda Pretorius

072 542 7373